5. Tydens die fees van die koning het hulle die leiers dronk gemaak met wyn. Die koning kuier saam met spotters.
6. Hulle kom nader terwyl hulle harte smeul soos ’n oond. Dwarsdeur die nag smeul hulle sameswering en in die oggend vlam dit op.
7. Hulle was almal soos ’n oond wat brand en maak hulle regeerders dood. Al hulle konings het tot ’n val gekom, die een na die ander. Tog is daar nie een van hulle wat na My roep vir hulp nie.