Hosea 3:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Toe sê ek vir haar: “Jy moet vir baie dae in my huis bly en nie by ander mans rondslaap nie. In hierdie tyd mag jy met niemand seksuele omgang hê nie, selfs nie met my nie.”

4. Net so sal Israel vir ’n lang tyd sonder koning en leiers, sonder offers en aanbiddingsvoorwerpe, sonder efod of selfs afgodsbeelde wees.

5. Daarna sal die volk terugkeer na die Here hulle God en na hulle koning, die afstammeling van Dawid. Hulle sal met bewing en ontsag na die Here toe kom. In die laaste dae sal hulle sy goeie gawes ontvang.

Hosea 3