Hosea 1:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Maar Ek sal aan die mense van Juda ontferming betoon as die Here hulle God. Ek self sal hulle bevry van hulle vyande sonder die hulp van wapens of militêre magte.”

8. Nadat Gomer vir Lo-Rugama gespeen het, het sy weer swanger geword en ’n seun is gebore.

9. Toe sê die Here: “Noem hom Lo-Ammi (‘Nie-my-volk-nie’), want Israel is nie meer my volk nie en Ek is nie meer hulle Verbondsgod nie.

10. “Tog sal daar ’n tyd aanbreek dat Israel voorspoedig sal wees en ’n groot nasie sal word. Dan sal hulle wees soos die sand aan die see – te veel om getel te word. In plaas daarvan dat aan hulle gesê is ‘Julle is Nie-my-volk-nie’, sal gesê word ‘Julle is kinders van die lewende God’.

11. Dan sal die inwoners van Juda en Israel verenig onder een leier, en hulle sal saam na die land toe terugkeer. Dit sal ’n besondere dag wees, die groot dag van Jisreël, wanneer God weer sy mense in sy land sal plant.

Hosea 1