Hooglied 2:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. “Luister, daar kom my liefling!Hy huppel oor die berge, hy wip oor die heuwels.

9. My liefling is soos ’n ribbok. Hy is soos ’n takboklam. Kyk, daar staan hyagter die huis se muur.Hy kyk deur die venster. Hy loer deur die hortjies.

10. “My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my!

11. Die winter is verby, die reën is oor.

Hooglied 2