7. “Sweer vir my, vroue van Jerusalem, by die ribbokke en die wilde takbokke dat julle nie die liefde sal aanblaasvoordat die tyd daarvoor ryp is nie.
8. “Luister, daar kom my liefling!Hy huppel oor die berge, hy wip oor die heuwels.
9. My liefling is soos ’n ribbok. Hy is soos ’n takboklam. Kyk, daar staan hyagter die huis se muur.Hy kyk deur die venster. Hy loer deur die hortjies.
10. “My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my!
11. Die winter is verby, die reën is oor.
12. Die wêreld is vol bloeisels. Die tyd het gekom om te sing. Hoor hoe koer die tortelduiwe die hele land vol.
13. Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerdeversprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’”