Hooglied 2:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Laaf my met rosyntjies,gee appels om my te verfris,want ek het flou geword van die liefde.

6. Sy linkerarm is onder my kop. Met sy regterarm omhels hy my.

7. “Sweer vir my, vroue van Jerusalem, by die ribbokke en die wilde takbokke dat julle nie die liefde sal aanblaasvoordat die tyd daarvoor ryp is nie.

8. “Luister, daar kom my liefling!Hy huppel oor die berge, hy wip oor die heuwels.

9. My liefling is soos ’n ribbok. Hy is soos ’n takboklam. Kyk, daar staan hyagter die huis se muur.Hy kyk deur die venster. Hy loer deur die hortjies.

10. “My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my!

11. Die winter is verby, die reën is oor.

Hooglied 2