Hooglied 2:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my!

11. Die winter is verby, die reën is oor.

12. Die wêreld is vol bloeisels. Die tyd het gekom om te sing. Hoor hoe koer die tortelduiwe die hele land vol.

13. Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerdeversprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’”

14. “My duif kruip vir my weg êrens in die klipskeure, iewers in ’n skuilplek teen die kranse.Laat ek sien waar jy is!Laat ek hoor waar kruip jy weg!Jou stem is so mooi en jou gesig is pragtig.”

15. “Gou! Vang vir onsdie jakkalse! Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel,terwyl die wingerde al bot.”

16. “My liefling behoort net aan myen ek is net syne. Hy laat sy skape daar tussen die lelies wei

17. totdat die dag verby is en die skaduwees lank geword het. Kom terug na my toe, my liefling. Kom maak soos ’n ribbok, soos ’n jong takbok op die Beterberge.”

Hooglied 2