Hebreërs 8:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Hulle dien in ’n heiligdom wat maar net ’n kopie, ’n flou skadubeeld van die ware, hemelse heiligdom is. Want toe Moses aan die regmaak was om die tabernakel op te rig, het God aan hom die opdrag gegee: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek vir jou op die berg gewys het.”

6. Maar nou het Jesus Christus ’n bediening verkry wat net soveel uitnemender is as wat Hy Middelaar is van ’n voortrefliker verbond, ’n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus.

7. As die eerste verbond perfek gewerk het, sou daar geen behoefte aan ’n tweede een gewees het nie.

8. God kritiseer die volk hieroor wanneer Hy verklaar:“Daar kom ’n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda’n nuwe verbond sal sluit.

Hebreërs 8