Handelinge 7:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die hoofpriester vra toe vir Stefanus: “Is hierdie aanklagte waar?”

2. Toe het Stefanus gesê: “Medegelowiges, luister na my! Ons glorieryke God het in Mesopotamië aan ons voorvader Abraham verskyn voordat hy Haran toe is.

3. God het vir hom gesê: ‘Verlaat jou geboorteland en jou familie, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys.’

Handelinge 7