Handelinge 27:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Ons het die volgende dag in Sidon aangekom. Julius was tegemoetkomend teenoor Paulus, en het hom toegelaat om na sy vriende toe te gaan om hom te voorsien van wat hy nodig het.

4. Ons het daarvandaan weggevaar en is aan die beskutte kant van Siprus verby omdat die winde teen ons was.

5. Ons het al langs die kus van Silisië en Pamfilië gevaar tot by Mira in Lisië.

6. Daar het die offisier ’n Aleksandrynse skip Italië toe gekry, en ons aan boord laat gaan.

7. Ons het ’n klompie dae lank maar stadig kon vorder en met moeite naby Knidus gekom. Toe die wind te erg teen ons geraak het, het ons onder Kreta verbygevaar, verby Salmone.

8. Ons het toe met moeite langs Kreta op gevaar en uiteindelik ’n plek met die naam Mooi Hawens bereik, naby die stad Lasea.

Handelinge 27