Handelinge 20:36-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Toe Paulus klaar gepraat het, het hy saam met hulle almal gekniel en gebid.

37. Almal het baie gehuil en Paulus omhels en hom gesoen.

38. Hulle was veral hartseer oor sy stelling dat hulle hom nie weer sou sien nie. Toe het hulle hom skip toe gevat.

Handelinge 20