Handelinge 16:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Die bewaarder het toe ’n lig gevra en die sel ingestorm. Hy het begin bewe en voor Paulus en Silas neergeval.

30. Hy het hulle toe buitentoe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om verlos te word?”

31. Hulle het hom geantwoord: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.”

Handelinge 16