Handelinge 11:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Toe Petrus in Jerusalem aankom, het die Joodse gelowiges hom gekritiseer:

3. “Jy het nie-Jode besoek en jy het selfs saam met hulle geëet!”

4. Petrus het toe vir hulle alles mooi begin uiteensit.

5. “Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geestesvervoering ’n gesig gesien het,” het hy gesê. “Iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, het uit die hemel afgekom. En dit het tot by my gekom.

6. Toe ek in die doek kyk, sien ek daarin allerhande aardse diere, wilde diere en reptiele, en ook voëls.

Handelinge 11