Handelinge 10:33-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. So het ek dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om te kom. Hier is ons nou almal voor God om te hoor watter boodskap die Here aan u gegee het.”

34. Toe antwoord Petrus: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie.

35. In enige volk neem Hy dié mense aan wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is.

Handelinge 10