Habakuk 3:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. O Here, ek het gehoor wat van U vertel word. Ek is in verwondering oor alles wat U gedoen het. Doen in ons tyd ook hierdie dinge wat U in die verlede gedoen het. Moenie vergeet om genadig te wees nie al is U baie kwaad.

3. God, die Heilige, beweeg oor die woestyne van Edomen van die Paranberg af. Sy groot heerlikheid vul die hemelruim.Die aarde is vol van sy lof!

4. Helder ligstrale flits uit sy hand, daar waar sy krag verskuil is.

5. Pes gaan voor Hom uit, dodelike plae volg in sy voetspore.

6. As Hy stilstaan, skud die aarde. Wanneer Hy kyk, bewe die nasies. Hy laat oeroue berge verkrummel en eeue oue heuwels platval.

7. Ek sien die tente van Kusan bewe,die benoudheid van dié in Midian.

8. Was U kwaad vir die riviere, Here,toe u woede teen strome ontvlam,u toorn teen die see ontbrand het? U het op perde geryen op strydwaens van oorwinning!

9. U beveel u magtige wapens om gereed te wees. SelaMet riviere kloof U die aarde oop.

10. Die berge sien wat gebeur en bewe, onstuimige waters stroom verby. Die diepwaters dreun, met golwe wat opslaan soos hande omhoog gelig.

11. Die son en die maanhet begin verdof,verduister deur blitsende pyle en die glans van u blinkende spies.

12. U stap oor die aarde in verontwaardiging, U vertrap die nasies in u woede.

13. U gaan uit om u volk te verlos, U red u gesalfdes.U verpletter die leier van kwaaddoeners, van kop tot tone stroop U hom kaal.

Habakuk 3