Habakuk 3:11-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Die son en die maanhet begin verdof,verduister deur blitsende pyle en die glans van u blinkende spies.

12. U stap oor die aarde in verontwaardiging, U vertrap die nasies in u woede.

13. U gaan uit om u volk te verlos, U red u gesalfdes.U verpletter die leier van kwaaddoeners, van kop tot tone stroop U hom kaal.

14. U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind,want hulle dink Israel is ’n maklike prooi.

15. U vertrap die see met u perdesodat magtige waters opbruis.

Habakuk 3