1. God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Julle moet meer word deur baie kinders te hê en so die aarde te vul.
2. Al die diere, groot en klein, asook al die voëls en visse sal vir julle bang wees. Ek stel hulle tot julle beskikking.
3. Benewens die groen plante mag julle hulle ook eet.
4. Maar geen dier mag geëet word sonder dat die lewensbloed eers uitgeloop het nie.