4. Ná die routyd praat Josef met die farao se raadgewers en vra dat hulle namens hom met die farao sal praat.
5. Hy sê vir hulle: “Sê vir die farao my pa het my ’n eed laat aflê. Hy het gesê: ‘Ek is op die punt om te sterf. Neem my liggaam terug na die land Kanaän toe en begrawe my in ons gesin se familiegraf.’ Ek wil nou opgaan soontoe en my pa gaan begrawe. Daarna sal ek terugkom.”
6. Die farao het ingestem: “Gaan en begrawe jou pa soos jy belowe het.”
7. Josef het toe gegaan en saam met hom al die amptenare van die farao, die raadgewers van sy paleis en al die senior beamptes van Egipte.
8. Josef het ook sy broers en Jakob se hele huishouding saamgeneem. Hulle kinders, kleinvee en grootvee het hulle egter in die Gosenstreek agtergelaat.