1. Die volgende is ’n lys van Adam se afstammelinge. Toe God mense geskep het, het Hy hulle na sy beeld gemaak.
2. Hy het hulle manlik en vroulik gemaak. Hy het hulle toe “mens” genoem en hulle geseën.
3. Toe Adam 130 jaar oud was, is sy seun Set gebore. Hy was die ewebeeld van sy pa.
4. Ná die geboorte van Set het Adam nog 800 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
5. Hy was 930 jaar oud toe hy dood is.
6. Toe Set 105 jaar oud was, is sy seun Enos gebore.
7. Ná die geboorte van Enos het Set nog 807 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
8. Hy was 912 jaar oud toe hy dood is.
9. Toe Enos 90 jaar oud was, is sy seun Kenan gebore.
10. Ná die geboorte van Kenan het Enos nog 815 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
11. Hy was 905 jaar oud toe hy dood is.
12. Toe Kenan 70 jaar oud was, is sy seun Mahalalel gebore.
13. Ná die geboorte van Mahalalel het Kenan nog 840 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.
14. Hy was 910 jaar oud toe hy dood is.