Genesis 42:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jakob het gehoor dat daar in Egipte graan te koop was. Hy sê toe vir sy seuns: “Hoekom staan en kyk julle vir mekaar?

2. Ek het gehoor daar is graan in Egipte. Gaan soontoe en koop vir ons daarvan sodat ons kan oorleef, anders sal ons van die honger doodgaan.”

3. Josef se tien oudste broers het toe na Egipte vertrek om daar graan te gaan koop.

Genesis 42