Genesis 41:24-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Die verskrompelde are sluk toe die sewe mooi are in. Ek het dit vir my waarsêers vertel, maar nie een van hulle kon my sê wat dit beteken nie.”

25. “Albei die drome beteken dieselfde ding,” sê Josef vir die farao. “God het vir u vertel wat Hy van plan is om te doen.

26. Die sewe vet koeie is sewe jaar en die sewe vol are dui ook op sewe jaar. Dit is een en dieselfde droom.

27. Die sewe maer en lelike koeie en die sewe droë en verskrompelde are dui op sewe jaar van hongersnood.

28. Dit is wat ek bedoel het toe ek gesê het God maak aan die farao bekend wat Hy gaan doen.

29. Die volgende sewe jaar sal ’n tyd van groot voorspoed in Egipte wees.

30. Daarna sal daar egter sewe jaar van hongersnood aanbreek. Dit sal só erg wees dat mense die voorspoed sal vergeet. Die hongersnood sal ’n groot ramp oor die land bring.

31. Die hongersnood sal so erg wees dat die jare van voorspoed nie onthou sal word nie.

32. Die feit dat die droom herhaal is, beteken dat die saak by God vasstaan en dat Hy dit spoedig sal doen.

33. “My voorstel is dat u ’n wyse en verstandige persoon kry en hom aanstel oor die hele Egipte.

34. Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder.

Genesis 41