20. Hierdie maer en lelike koeie het toe sowaar die sewe mooi vettes opgevreet!
21. Nadat hulle die ander ingesluk het, kon ’n mens dit nie sien nie, want hulle het nog net so sleg gelyk soos vantevore. Toe skrik ek wakker.
22. “Daarna het ek nog ’n droom gehad. Hierdie keer was daar sewe are aan een stingel. Hulle was almal mooi en vol.
23. Maar toe spruit daar nog sewe are uit. Hulle was droog en verskrompeld deur die oostewind.
24. Die verskrompelde are sluk toe die sewe mooi are in. Ek het dit vir my waarsêers vertel, maar nie een van hulle kon my sê wat dit beteken nie.”
25. “Albei die drome beteken dieselfde ding,” sê Josef vir die farao. “God het vir u vertel wat Hy van plan is om te doen.
26. Die sewe vet koeie is sewe jaar en die sewe vol are dui ook op sewe jaar. Dit is een en dieselfde droom.
27. Die sewe maer en lelike koeie en die sewe droë en verskrompelde are dui op sewe jaar van hongersnood.
28. Dit is wat ek bedoel het toe ek gesê het God maak aan die farao bekend wat Hy gaan doen.