Genesis 41:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Ek het laas nag ’n droom gehad,” vertel die farao, “maar niemand kon dit vir my verklaar nie. Ek hoor jy kan drome uitlê.”

16. “Nee, ek kan nie!” antwoord Josef. “Maar God kan die verklaring gee.”

17. Die farao vertel toe wat hy gedroom het: “Ek het op die wal van die Nylrivier gestaan.

18. Skielik kom daar sewe mooi vet koeie uit die water uit en begin tussen die riete wei.

19. Maar toe kom daar ook sewe ander koeie uit die water uit. Hulle was baie maer en lelik – so lelik soos ek nog nooit in Egipte gesien nie!

20. Hierdie maer en lelike koeie het toe sowaar die sewe mooi vettes opgevreet!

21. Nadat hulle die ander ingesluk het, kon ’n mens dit nie sien nie, want hulle het nog net so sleg gelyk soos vantevore. Toe skrik ek wakker.

22. “Daarna het ek nog ’n droom gehad. Hierdie keer was daar sewe are aan een stingel. Hulle was almal mooi en vol.

Genesis 41