1. Twee jaar later het die farao gedroom hy staan langs die Nylrivier.
2. Hy sien hoe sewe mooi vet koeie uit die water kom en in die gras begin wei.
3. Toe kom daar sewe ander koeie uit die water uit, maar hulle was lelik en baie maer. Hulle het by die vet koeie gaan staan.
4. Die maer, lelike koeie vreet toe die sewe mooi vettes op! Toe het die farao wakker geskrik.
5. Hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom. Hierdie keer sien hy sewe mooi vol are aan een stingel.