Genesis 39:13-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Toe sy sien dat sy ’n stuk van sy klere in haar hand vashou en dat hy gevlug het,

14. begin sy skree. Almal in die huis kom toe aangehardloop. “My man het hierdie Hebreeuse slaaf hier gebring om ons te beledig!” het sy gesnik. “Hy het my probeer verkrag, maar ek het geskree.

15. Toe hy hoor hoe ek om hulp roep, het hy weggehardloop, maar hierdie kledingstuk by my agtergelaat.”

16. Sy het die kledingstuk by haar gehou totdat haar man weer tuisgekom het.

17. Sy sê toe vir hom: “Daardie Hebreeuse slaaf wat jy hier ingebring het, het probeer om by my aan te lê.

18. Gelukkig het ek geskree. Toe hardloop hy hier uit, maar het sy kleed agtergelaat!”

19. Nadat Potifar sy vrou se storie gehoor het oor wat hy met haar probeer aanvang het, was hy briesend.

20. Hy gryp Josef en gooi hom in die tronk waar die koning se gevangenes gehou word. Terwyl hy daar in die tronk was,

21. was die Here ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was.

22. Spoedig het die tronkbewaarder Josef oor die ander gevangenes aangestel en oor alles wat in die tronk moes gebeur.

Genesis 39