6. Esau het met sy vroue, kinders, slawe, beeste en kleinvee en al die besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, weggetrek van sy broer Jakob.
7. Daar was nie genoeg weiding vir die groot troppe beeste en kleinvee wat albei van hulle gehad het nie.
8. Esau, ook genoem Edom, het in die Seïrberge gaan woon.
9. Hier volg die lys van Esau se afstammelinge, die Edomiete, wat in die bergwêreld van Seïr gewoon het.
10. Die name van Esau se seuns was: Elifas, seun van Esau se vrou Ada, en Reüel, seun van Esau se vrou Basemat.
11. Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.