Genesis 33:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Eers kom die slavinvroue en hulle kinders nader en buig voor hom.

7. Toe kom Lea met haar kinders en buig ook voor hom. Laaste kom Ragel en Josef en doen dieselfde.

8. “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” vra Esau.“Dit is geskenke om u goeie guns te wen, my heer,” antwoord Jakob.

9. “My broer, ek besit self baie,” sê Esau. “Laat wat aan jou behoort, joune bly.”

10. “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien.

11. Neem asseblief die geskenke, want God was baie goed vir my. Ek het meer as genoeg vir myself.” Jakob het só daarop aangedring dat hy dit moes neem, dat Esau dit uiteindelik aanvaar het.

Genesis 33