Genesis 31:54-55 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

54. Toe het Jakob ’n offer vir God gebring en almal genooi om deel te neem aan ’n fees. Na hulle geëet het, het hulle daar in die heuwels oornag.

55. Laban het die volgende oggend vroeg opgestaan, sy kleinseuns en sy dogters met ’n seënwens gegroet, en teruggegaan huis toe.

Genesis 31