Genesis 31:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jakob het agtergekom dat Laban se seuns hom beskinder. “Jakob het ons pa se goed gesteel!” het hulle gesê. “Al sy rykdom het hy ten koste van ons pa bekom.”

2. Jakob het ook opgemerk dat Laban se gesindheid teenoor hom verander het.

3. Toe sê die Here vir Jakob: “Gaan terug na die land van jou herkoms en na jou familie toe. Ek sal by jou wees.”

4. Jakob het vir Ragel en Lea na die veld toe laat kom waar sy kuddes was.

Genesis 31