Daardie selfde dag nog het Laban veld toe gegaan en al die bokramme wat bont en gevlek is, al die ooie wat gevlek en bont is, alles met wit kolle en ook die swart skape uitgekeer. Hy het hierdie vee aan sy seuns gegee om op te pas.