24. Abraham antwoord hom: “Nou goed, ek belowe!”
25. Hy het egter by Abimelek beswaar gemaak oor ’n waterput wat Abimelek se slawe met geweld van hom afgeneem het.
26. “Dis die eerste keer dat ek hiervan hoor,” sê Abimelek. “Ek het nie die vaagste benul wie dit gedoen het nie. Hoekom het jy my nie al eerder gesê nie?”
27. Abraham gee toe kleinvee en beeste vir Abimelek en hulle sluit ’n ooreenkoms met mekaar.
28. Maar toe Abraham nog sewe ooilammers eenkant sit,
29. vra Abimelek: “Wat doen jy nou met die ooilammers?”
30. Abraham antwoord: “Neem dit. Dis ’n sigbare teken dat jy erken dat ek hierdie put gegrawe het.”
31. Sedert dié voorval staan die put bekend as Berseba, die put van die eed, want dis waar hulle ’n eed teenoor mekaar afgelê het.
32. Ná die sluiting van die ooreenkoms, het Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, teruggegaan na hulle tuiste in die land van die Filistyne.
33. Abraham plant toe ’n tamarisk by Berseba en het die Here, die ewige God, daar aanbid.
34. Abraham het nog vir ’n lang tyd in die land van die Filistyne gewoon.