Genesis 17:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is die teken van die verbond tussen My en julle.

12. Elke seun moet op die agtste dag na geboorte besny word. Dit geld nie net jou familie nie, maar ook alle slawe wat in jou huishouding gebore word en dié wat as slawe gekoop word.

13. Almal moet besny word. So sal julle aan julle liggame die teken dra van my ewigdurende verbond.

Genesis 17