Genesis 16:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Van toe af het Hagar die Here wat met haar gepraat het, genoem “die God wat my sien”, want sy het gesê: “Ek het die Een gesien wat my gesien het!”

14. Dit is hoekom hierdie put Lagai-Roï-fontein genoem word. Dit is nog steeds tussen Kades en Bered.

15. Later het Hagar vir Abram ’n seun in die wêreld gebring. Abram het hom Ismael genoem.

Genesis 16