9. Mettertyd het Abram in die rigting van die Negev verskuif.
10. Toe die land met ’n swaar hongersnood getref is, het Abram Egipte toe gegaan om tydelik daar te bly.
11. Naby die grens van Egipte sê Abram vir Sarai: “Luister, my vrou, jy is ’n baie mooi vrou.
12. Sodra die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: ‘Dit is sy vrou. Kom ons maak hom dood en vat haar vir ons!’
13. Sê tog dat jy my suster is, want dan sal die Egiptenaars my goed behandel ter wille van jou, en ook my lewe spaar.”
14. En dit was ook so. Toe hulle in Egipte kom, het almal die beeldskone vrou raakgesien.
15. Die paleisamptenare het haar gesien, die farao van haar vertel en sy is in sy paleis opgeneem.
16. Ter wille van haar het die farao vir Abram baie geskenke gegee in die vorm van kleinvee, grootvee, donkies, slawe, slavinne en kamele.
17. Maar die Here het die farao en sy huis met ernstige plae getref oor Sarai, Abram se vrou.
18. Die farao laat roep toe vir Abram en vaar teen hom uit: “Wat het jy my aangedoen?