Genesis 12:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die Here aanbid.

9. Mettertyd het Abram in die rigting van die Negev verskuif.

10. Toe die land met ’n swaar hongersnood getref is, het Abram Egipte toe gegaan om tydelik daar te bly.

11. Naby die grens van Egipte sê Abram vir Sarai: “Luister, my vrou, jy is ’n baie mooi vrou.

12. Sodra die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: ‘Dit is sy vrou. Kom ons maak hom dood en vat haar vir ons!’

Genesis 12