Genesis 12:15-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Die paleisamptenare het haar gesien, die farao van haar vertel en sy is in sy paleis opgeneem.

16. Ter wille van haar het die farao vir Abram baie geskenke gegee in die vorm van kleinvee, grootvee, donkies, slawe, slavinne en kamele.

17. Maar die Here het die farao en sy huis met ernstige plae getref oor Sarai, Abram se vrou.

18. Die farao laat roep toe vir Abram en vaar teen hom uit: “Wat het jy my aangedoen?

19. Hoekom het jy my nie gesê dat sy jou vrou is nie? Hoekom het jy toegelaat dat ek haar as vrou neem deur te sê dat sy jou suster is? Hier is jou vrou! Vat haar, en trap!”

Genesis 12