Genesis 10:10-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê.

11. Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou.

12. Tussen Nineve en Kalag het hy ook Resen, wat ’n groot stad was, gebou.

13. Egipte was die voorvader van die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

14. Patrosane, Kaslugiete en Kaftoriete uit wie die Filistyne afgestam het.

15. Kanaän se oudste seun was Sidon, die voorvader van die Sidoniërs. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete,

16. Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

17. Hewiete, Erekiete, Siniete,

18. Arwadters, Semariërs en Hamatiete.

19. Mettertyd het stamme van die Kanaäniete versprei en het die grense vanaf Sidon tot by Gasa gestrek op pad na Gerar toe en in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, by Lesa.

20. Dit was die nakomelinge van Gam, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.

21. Vir Sem, wie se ouer broer Jafet was, is daar ook kinders gebore. Sem was die voorvader van die Hebreërs.

Genesis 10