5. Hiervoor moet God se heerlikheid vir altyd en altyd geprys word! Amen.
6. Ek is verstom oor wat julle gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hóm wat julle deur Christus se genade na Hom toe geroep het!Julle het julle ore uitgeleen vir ’n ander “Goeie Nuus”.
7. Maar daar is geen ander Goeie Nuus nie! Al wat daar is, is ’n paar mense wat julle deurmekaarmaak, ja, wat die Goeie Nuus van Christus wil verdraai.
8. Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as wat ons aan julle verkondig het, al sou dit ons self of ’n boodskapper uit die hemel wees.
9. Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het!