1. Hierdie brief kom van Paulus, ’n apostel wat nie deur mense aangestel of gestuur is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader – Hy wat Jesus Christus uit die dood opgewek het.
2. Dit kom ook van al die broers en susters hier saam met my. Ons skryf aan die gemeentes in Galasië.
3. Mag die genade en vrede van God ons Vader en van Jesus Christus met julle wees.
4. Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe.