Filippense 2:28-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Ek stuur hom dus sommer dadelik terug sodat julle, wanneer julle hom sien, bly kan wees en ek minder bekommerd.

29. Verwelkom hom dan in die Here met volle blydskap en respekteer mense soos hy,

30. want vir die werk van Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my namens julle te help.

Filippense 2