Ester 2:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Die meisie wat vir die koning die mooiste is, moet in Vasti se plek koningin gemaak word.” Die koning het van hierdie idee gehou. Hy het toe so gemaak.

5. In die vestingstad Susan was daar ’n Jood met die naam Mordegai. Hy was uit die stam Benjamin en was ’n seun van Jaïr, die seun van Simi, die seun van Kis.

6. Sy familie was tussen die ballinge wat koning Nebukadnesar van Babel saam met koning Jojagin van Juda uit Jerusalem weggevoer het.

7. Mordegai het sy niggie Hadassa grootgemaak. Haar ander naam was Ester. Sy was ’n weeskind. Nadat haar pa en ma dood is, het Mordegai haar as sy dogter aangeneem. Sy was buitengewoon mooi.

Ester 2