Esra 8:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier is ’n lys van die familiehoofde wat saam met my uit Babilonië gekom het in die tyd toe koning Artasasta regeer het:

2. Gersom uit die familie van Pinehas. Daniël uit die familie van Itamar.

3. Gattus seun van Sekanja uit die familie van Dawid. Sagaria uit die fami-lie van Paros en nog 150 ander mense.

4. Eljehoënai seun van Seragja uit die familie van Pagat-Moab en nog 200 ander mense.

5. Sekanja seun van Jagasiël uit die familie van Sattu en nog 300 ander mense.

Esra 8