Esegiël 7:21-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Ek sal dit weggee as buitvir vreemdelinge. Die slegste van die nasies sal dit onrein maak.

22. Ek sal wegkyk wanneer hierdie rowers my kosbare land binneval en dit vernietig.

23. “Maak kettings gereed vir my volk,want die land is vol bloeddeur verskriklike misdade. Jerusalem is vol geweld.

24. Die wreedste nasies bring Ek om hierdie mense se huise vir hulleself te vat. Ek beëindig die trotsheid van die sterkes; hulle heiligdomme sal ontheilig word.

25. My volk sal bewe van angs. Hulle sal na vrede soek, maar dit nêrens kry nie.

26. Ramp sal volg op ramp en gerug sal volg op gerug. Verniet soek hulle na profete wat ’n visioen kan bring. Die priesters sal hulle nie leer nie en die leiers sal hulle nie raad gee nie.

27. Die koning en die leier sal hulpeloos staan. Hulle sal wanhopig huil, en die mense se hande sal bewe van vrees. Ek sal die bose dag oor hulle bring wat hulle oor ander gebring het. Hulle sal die straf ontvang wat hulle so ryklik verdien. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is!”

Esegiël 7