8. “Tog sal Ek enkeles onder my mense aan die verwoesting laat ontsnap, en hulle sal onder die nasies van die wêreld verstrooi word.
9. En wanneer hulle as ballinge tussen die nasies bly, sal hulle My onthou. Hulle sal raaksien hoe hartseer Ek gevoel het toe hulle ontrou was deur van My af weg te draai en agter ander gode aan te loop. En dan sal hulle hulleself haat oor al hulle boosheid en al hulle afskuwelike dade.
10. Dan sal hulle erken dat Ek alleen die Here is en dat Ek ernstig was toe Ek gedreig het dat al hierdie dinge met hulle gaan gebeur.
11. “Dit is wat die oppermagtige Here sê: Klap jou hande en stamp jou voete van ontsteltenis. Roep uit ‘Ag, nee!’ oor al die afskuwelike dinge wat die mense van Israel aangevang het. Hulle sal omkom deur oorloë, hongersnood en pessiektes.