6. Maar sy het in opstand teen my bepalings gekom en was boser as die nasies in die omgewing.Sy het geweier om die wette te gehoorsaam wat Ek vir haar gegee het.
7. “Dis wat die oppermagtige Here sê: Omdat jy geweier het om die wette en bepalings te gehoorsaam en slegter opgetree het as jou bure,
8. het Ek, die oppermagtige Here, nou self jou vyand geword. Ek sal jou in die openbaar straf terwyl al die nasies toekyk.
9. Oor al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het, sal Ek met jou doen wat Ek nog nooit gedoen het nie, en wat Ek ook nooit weer sal doen nie.
10. Ouers sal hulle eie kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. En Ek sal julle straf deur die enkeles wat oorleef tot by die uithoeke van die aarde te verstrooi.