Esegiël 48:29-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Dit is die gebiede wat opsy gesit moet word vir elke stam se erfdeel, sê die oppermagtige Here.”

30. “Die uitgange uit die stad is soos volg: Die noordelike muur is twee en ’n kwart kilometer lank

31. en daar is drie poorte, genoem na stamme van Israel. Die eerste moet Ruben genoem word, die tweede Juda en die derde Levi.

32. Die oostelike muur moet ook twee en ’n kwart kilometer lank wees, met drie poorte, vernoem na Josef, Benjamin en Dan.

33. Die suidelike muur, ook twee en ’n kwart kilometer lank, is vernoem na Simeon, Issaskar en Sebulon.

34. En die westelike muur, ook twee en ’n kwart kilometer lank, se poorte moet vernoem word na Gad, Aser en Naftali.

35. “Die omtrek van die stad sal nege en ’n half kilometer wees. Van daardie dag af sal die stad se naam wees: ‘Die Here is daar.’”

Esegiël 48