11. Die moerasse en kuile se water sal egter nie vars word nie. Hulle sal soutbronne bly.
12. Allerhande soorte vrugtebome sal aan weerskante van die rivier groei. Die blare van hierdie bome sal nooit verlep nie en daar sal altyd vrugte aan die takke wees. Daar sal elke maand ’n vrugte-oes wees, want die bome kry hulle water van die rivier wat uit die tempel vloei. Die vrugte sal kos wees en die blare sal genesing bring.”
13. “So sê die oppermagtige Here: So lyk die grense waarvolgens jy die land onder die twaalf stamme van Israel moet verdeel: Josef moet twee dele kry.
14. Jy moet die land eweredig tussen die res verdeel. Ek het hierdie land as hulle eiendom gegee omdat Ek aan hulle voorouers belowe het om dit te doen.
15. “Die noordelike grens loop van die Middellandse See af oor Getlon tot by Sedad,
16. dan oor Hamat, Berota, Sibrajim tussen die gebiede van Damaskus en Hamat, en Middel-Gaser op die grens van Gauran.
17. Die noordelike grens loop dus van die Middellandse See af tot by Gasar-Enan, op die grens tussen Hamat aan die noorde en Damaskus aan die suide.
18. “Die oostelike grens begin by ’n punt tussen Gauran en Damaskus en loop suidwaarts al langs die Jordaan af tussen Gilead en Israel, verby die Dooie See en tot so ver suid as Tamar. Dit is die oostelike grens.
19. “Die suidelike grens gaan suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die Egiptespruit langs tot teen die Middellandse See. Dit is die suidgrens.