18. Hulle het die land besoedel deur moord te pleeg en afgode te aanbid. Daarom het Ek my wraak oor hulle uitgestort.
19. Ek het hulle na baie lande toe verstrooi om hulle te straf vir die bose manier waarop hulle gelewe het.
20. Waar hulle tussen die nasies verstrooi was, het hulle my heilige Naam oneer aangedoen. Want die nasies het gesê: ‘Hierdie is die Here se mense, en tog moes hulle weggaan uit sy land!’
21. Ek is bekommerd daaroor dat mense respek vir my Naam verloor. Dit is veroorsaak deur die mense van Israel wat tussen die nasies gaan woon het.
22. “Daarom, sê vir die mense van Israel die oppermagtige Here sê: Ek bring julle terug, maar nie omdat julle dit verdien nie. Ek doen dit ter wille van my Naam wat julle oneer aangedoen het onder die nasies waar julle gebly het.
23. Ek gaan julle wys hoe heilig Ek is, Ek vir wie die nasies respek verloor het deur julle optrede. En as Ek my heiligheid deur julle voor hulle oë openbaar, sê die oppermagtige Here, sal die nasies besef dat Ek die Here is.