Esegiël 30:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Op 29 April, in die elfde jaar van koning Jojagin se ballingskap, het die Here vir my gesê:

21. “Mensekind, Ek het die arm van die farao, die koning van Egipte, gebreek. En sy arm is nie verbind om aan te groei nie; dit is nie gespalk om sterk te word ten einde weer ’n swaard vas te hou nie.

22. Daarom, so sê die oppermagtige Here: Ek is die vyand van die farao, die koning van Egipte! Ek breek albei sy arms, die goeie een en die een wat gebreek was. Die swaard sal uit sy hand val.

23. Ek verstrooi die mense van Egipte onder al die nasies van die wêreld.

24. Ek maak die arm van die koning van Babel sterk en Ek sit my swaard in sy hand, maar Ek breek die arms van die farao, Egipte se koning. Hy sal dodelik gewond wees en voor die koning van Babel krul van pyn.

Esegiël 30