1. Die Here het vir my gesê:
2. “Mensekind, profeteer, gaan vertel dat die oppermagtige Here sê: “Huil,
3. want die verskriklike dag is op hande, die Dag van die Here. Dit is ’n dag van donkerte, wanneer nasies geoordeel word!
4. ’n Swaard kom teen Egipte en angs oor Kus. Wanneer mense in Egipte sneuwel,sal haar rykdomme weggevoer, haar fondasies blootgelê word.
5. “Kus, Put, Lud, die hele Arabië en Kub, en al hulle bondgenote sal in die oorlog omkom.